Est 1988

Ons fokus is om kwaliteit, gemaklike skoene te maak. Ons gebruik goeie gehalte volgrein bees leer. Al ons skoene het egte leer binnesole en is dubbeld gestik met nylon gare.

Vrae & Antwoorde

HOE SORG EK VIR MY VELLIES?

Vryf hulle goed in met ‘n kleurlose leer politoer/voedsel voor die eerste dra en dan so af en toe weer.

Moet NIE gebruik maak van saal seep, voet olie of suiwer dubbin nie – dit kan moontlik die stiksel laat vrot.

Moet NIE in olie, diesel, petrol of oplosmiddels staan nie – rubber is sensitief daarvoor.

Moet NIE met jou Kalahari Velskoene teen ‘n vuur sit nie – dit beskadig die kleefmiddel wat die sool aan die skoen heg.

Water en aanhoudende dra van die skoene verwyder die oorspronklike olie van die leer. As die leer droog word, word dit hard en bros. Smeer dus gereeld jou skoene met die leer politoer/voedsel om die leeftyd te verleng.

HOE KIES EK MY SKOENGROOTTE?

Ons Vellies groottes is gelykstaande aan gewone UK skoengroottes. Gaan dus vir jou normale grootte.

HOE GEMAAK AS MY VELLIES NIE PAS NIE?

Indien jou skoene nie pas nie, ruil ons graag jou paar om vir ander paar skoene of 'n ander grootte. Kontak ons gerus.

LET WEL

  • Ons doen wel geen refunds nie
  • Klient is verantwoordelik vir addisionele koerier kostes

HOEVEEL IS DIE AFLEWERINGS KOSTE?

R120 vir jou eerste paar skoene, en R20 addissioneel per paar skoene daarna.

1 paar = R120

2 pare = R140

3 pare = R160 ens.

KONTAK ONS